Wamakers erken prestasie

Die Wamakersvallei-opleidingsentrum het die afgelope week sertifikate aan meer as 35 studente toegeken wat hul studies in vakke soos kindersorg, kleutersorg en tuisversorging suksesvol voltooi het.


Die Wamakersvallei-opleidingsentrum het die afgelope week sertifikate aan meer as 35 studente toegeken wat hul studies in vakke soos kindersorg, kleutersorg en tuisversorging suksesvol voltooi het.

’n Verdere sewe studente is as blitskokke opgelei en twee ander studente as salonassistente.

Die burgemeester van Drakenstein, Conrad Poole, was die gasspreker by die oorhandigingsplegtigheid.

Die sentrum sal, in die loop van die jaar, nog ’n verdere drie groepe studente oplei.

Volgens ’n woordvoerder van die sentrum is tuisversorging nog steeds die gewildste onder die kursusse wat aangebied word met kindersorg en kleutersorg ’n kortkop agter tuisversorging.

Benewens die feit dat hierdie kursusse studente se kanse verhoog om vir ’n goeie betrekking by kleuterskole, in die gasvryheidsbedryf en by bejaardesorgsentrums in aanmerking te kom, bied dit ook aan studente die geleentheid om hul eie ondernemings in die gemeenskappe waar hulle woon, op die been te kry.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.