’n Spesiale poppekasvertoning bevorder nie net lees onder die kinders nie, maar herdenk ook die slawe se vrystelling.
Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument, in samewerking met die Godynchiedop-dramagroep, bied hierdie Desember gratis poppekasvertonings by Paarlse biblioteke aan om die belangrikheid van boeke en lees onder kinders aan te moedig.
Boonop is die optredes ter herdenking van die vrystelling van slawe. Die hoofkarakter is Februarie, ’n slaaf wat in die Kaap opeindig en sy naam toevallig kry weens die maand wat hy hier aanland.
Hy moet nuwe, vreemde goed doen, ander tale praat en mis sy mense tuis. Intussen leer hy ook om te lees en te skryf, maar wat die einde van die verhaal betref, sal mense 13 Desember na die Groenheuwel- en Drakenstein-biblioteek moet gaan om dit te hoor.
“Die Afrikaanse Taalmonument en -museum: kultuur, natuur én plesier. En omgee vir die mense van hier.”