Die Wellington-atletiekklub (WAK) het onlangs ’n lentedraf gehou met die doel om ’n rekord te verbeter wat in 2018 opgestel is toe 53 drawwers deelgeneem het. Die spangees was vrolik en gesellig met oud en jonk wat by Hugenote Laerskool aangetree het. Die rekord is vanjaar verbeter danksy 65 drawwers wat die perdeskoen (7.64 km) voltooi het. Die klub het alle drawwers en organiseerders bedank en sien uit na aanstaander jaar se lentedraf. Drawwers wat graag by die klub wil aansluit, is welkom en kan een van die bestuurslede kontak: Jennifer Daniels by 074 295 1067, Jacobus Visagie by 083 442 5335, Charles Botman by 072 876 2815 of Carmen Engelbrecht by 071 142 3038.Foto: