Waar kruip die somer weg?
Die Paarl is tans oortrek met ’n digte wit kombers nadat sneeu die afgelope week wéér op die Du Toitskloofberge geval het.
Dié weerverskynsel het Wynlanders behoorlik aan die gons gehad, met sommige boere hier, en elders, wat ietwat bekommerd is oor hul vee en gewasse.
Beteken hierdie lang winter dat ons ’n elle lange somer gaan hê?