Die Laerskool W.A. Joubert, wat vanjaar sy 100ste bestaansjaar vier, bied van Maandag 15 April tot Woensdag 17 April sy konsert aan.
Die verrigtinge sal om 18:30 in die skoolsaal plaasvind.
Nog belangrike aktiwiteite op die skool se kalender is:• Die wintersportdag vind Saterdag 25 Mei by die skool plaas.• Die jaarlikse talentkompetisie skop Vrydag 31 Mei af in die skoolsaal.
Belangstellendes word aangemoedig om in te skryf. Fantastiese pryse is op die spel.
Die wenner in die afdeling vir seniors kan ’n prys ter waarde van R10 000 kry terwyl die wenner in die afdeling vir junior kunstenaars ’n prys van R5 000 kan losslaan.
Die sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag 26 April.
Inskrywingsvorms is beskikbaar by marinda@wajoubert.co.za.
• Bel haar by 082 804 5698 vir navrae of nog inligting.