Die Stellenpak-vrugteverpakkingsaanleg in Simondium het gisteraand grootliks afgebrand.

DFW

’n Verwoestende brand het gisteraand (26 Augustus) uitgebreek by die Stellenpak-vrugteverpakkings fasiliteit in Simondium wat gelei het tot grootskaalse skade aan die aanleg. 

Die brand is om 19:52 deur Fidelity ADT-beamptes aan die Drakenstein-plaaswag (DFW) gerapporteer.

Die DFW het saam met die brandweer-spanne van Drakenstein en Stellenbosch aangekom in ’n reuse poging om die brand onder beheer te bring.Die brand het egter onverpoos deur die aanleg gewoed en dit het grootliks afgebrand.

Die skade word beraam op miljoene rande. Die oorsaak van die brand is nog onbekend nie en die brandweer stel vandag verdere ondersoek in.

You need to be Logged In to leave a comment.