Die saak van twee vrugteboere van Paarl wat teregstaan weens die moord op Chatwell Rogers (40) sal in Oktober na die hooggeregshof in Kaapstad oorgeplaas word.

’n Dagblad berig Jan (JT) Basson en Johan Woest het Maandag in die Paarl-landdroshof verskyn. Die saak is tot 21 Oktober vir die voorverhoor uitgestel.

Basson (65) en Woest (68) is in Desember op borgtog vrygelaat nadat hulle by die Paarl-polisie aangegee is in verband met Rogers se dood.

Basson besit die plaas Salem en Woest besit ook ’n plaas in die nabye omgewing. Die voorval het net ’n paar kilometer van die boere se plase by die Sonstraal-brug naby die N1-afrit gebeur.

Rogers, wie glo ’n vrugtesmous was, is op Dinsdagaand (30 November) met ’n haelgeweer in die rug geskiet. Die skote is afgevuur terwyl hy glo gepoog het om weg te hardloop.

Hy is op die toneel dood verklaar.

  • Die staat voer aan die moord is met voorbedagte rade gepleeg, terwyl hul prokureur, William Booth, aanvoer dat die boere uit selfverdediging opgetree het.

You need to be Logged In to leave a comment.