Die Drakenstein Darts Association-vrouespan het weer eens in die SA kampioenskap, wat van 10 tot 14 Julie by die Wild Coast Sun in KwaZulu-Natal gehou is, goud verwerf. Hulle het vir die eerste keer in afdeling twee gespeel en eerste in hul blok geëindig. Bo is die vroue met hul spanbestuurder en kaptein. Van links is Arlene Cornelissen, Rachel Smith (kaptein), Juanita Petersen, Elsabe Benjamin (spanbestuurder), Elizma Sitzer, El-zari Matthee en Olivia Hendricks. Hendricks het weer vir ’n tweede jaar die Protea-span gehaal en sal Suid-Afrika in 2024 in Malawi verteenwoordig.Foto:


You need to be Logged In to leave a comment.