’n Twintigjarige vrou van Paarl-Oos is onlangs in hegtenis geneem op aanklagte van die besit, vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie.

Sy het vir ’n familie, wat op ’n spoglandgoed woon, in die Paarl as ’n au pair gewerk en na twee minderjarige kinders omgesien. Die gesin het ’n selfoon aan die vrou verskaf en toe haar dienste onlangs nie meer benodig is nie, het hulle die selfoon teruggeneem.

Die ma van die kinders het later deur die foon gegaan en afgekom op foto’s en video’s wat van haar kinders geneem is terwyl hulle kaal is.

’n Formele klagte is vroeër vandeesmaand by die polisie aangemeld en die jong vrou is dae daarna in hegtenis geneem. Daar word vermoed dat die kaalfoto’s en video’s van die kinders verder versprei is. Die selfoon vorm nou deel van die ondersoek, terwyl speurders die moontlikheid van ’n sindikaat wat dalk betrokke is, probeer vas stel.

Die verdagte het tydens ’n vorige verskyning haar borgtogaansoek laat vaar. Sy verskyn op 21 Febru­arie weer in die Paarl-landdroshof. Die saak sal daarna vir verhoor na die Paarl-streekhof oorgeplaas word. ’n Paarlse sakeman en sy twee seuns het vandeesweek vlugtig in die Paarl-streekhof verskyn op aanklagte van die verkragting van ’n 16-jarige meisie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article