’n Vrou van Hermon is verlede Donderdag helder oordag in haar huis oorval en met ’n elektriese koord verwurg.

Die aanval het ten aanskoue van haar sewejarige kleinseun plaasgevind. Hy het homself later bevry en hom na die bure gehaas vir hulp. Hulle het dadelik die polisie verwittig.

Die gemeenskap en die polisie is vinnig gemobiliseer en een verdagte is kort hierna in hegtenis geneem. Ná ’n verdere soektog is nog ’n man in verband met die moord in hegtenis geneem. Die twee verdagtes het Woensdag op aanklag van moord in Riebeeck-Wes se rondgaande landdroshof verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.