’n Vrou is Vrydagmiddag onaangenaam verras toe sy twee mans in die kombuis van haar ouerhuis in Albertstraat, Wellington, teëgekom het.
Die Wellington-polisie se stasiebevelvoerder, kol. Johan Barkhuizen, sê die vrou het om 13:00 by die deur, wat nie gesluit was nie, ingeloop.
“Toe sy na haar slaapkamer loop, het sy geluide in die huis gehoor. Sy het in haar spore omgedraai en twee onbekende mans in die kombuis gewaar.
“Die een man het haar aan die arm beetgekry en gedreig om haar met ’n gebreekte bottelnek te steek.”
’n Huawei-selfoon ter waarde van ongeveer R2 000 is gesteel en ’n saak van huisroof word deur die polisie ondersoek.
Die verdagtes het te voet van die toneel gevlug en niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Geen beserings is tydens die rooftog aangemeld nie.
* A woman was unpleasantly surprised by two male intruders who gained access to her parents’ home in Albert Street, Wellington, on Friday. Although no-one was hurt, she was threatened with a broken bottle neck and her cell phone worth around R2 000 was stolen. Police are investigating a case of house robbery. No arrests have been made.


