Wellington Polisie het vanaand (11 Februarie) ‘n 37-jarige man in hegtenis geneem in ‘n saak van moord. 

Die polisie is in kennis gestel oor die voorval in Lilian Straat, Wellington. Met hul aankoms het hulle ‘n 35-jarige Moslem vrou aangetref wie se keel met ‘n stomp voorwerp gesny is.

Die motief van die moord word tans ondersoek. Die verdagte sal op aanklag van moord in die Wellington-hof verskyn sodra hy aangekla is.

Verdere besonderhede oor die vrou kan tans nie bekend gemaak word totdat haar familielede hieroor in kennis gestel is nie.

You need to be Logged In to leave a comment.