’n Vroulike verdagte word deur die polisie gesoek vir ondervraging wat verband hou met bedrog van sowat R17 000.


Die polisie in die Paarl is op soek na ’n vroulike verdagte vir ondervraging in verband met bedrog van sowat R17 000, wat in Julie verlede jaar gepleeg is. Die vrou is glo laas in Wellington en die Paarl gewaar. Enigiemand met inligting word gevra om sers. Liebenberg by die Paarl-polisie se speurtak by 021 807 4065 of 082 469 1431 te kontak.

Die polisie sê alle inligting sal vertroulik hanteer word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article