Chaos het vanoggend in Paarl suid geheers toe inwoners van Brickfields in opstand gekom het oor ‘n elektrisiteit-dispuut.


Vroegoggend pendelaars van Simondium asook die nabygeleë
spog landgoedere soos Val de Vie, is Dinsdagoggend erg geraak toe inwoners van
die Brickfields-informele nedersetting by die Paarl in opstand gekom het.

Sedert 06:00 is motorbande op die R101 en R45 aan die brand
gesteek, klippe is na motors geslinger asook onbevestigde insidente van
petrolbomme wat gegooi is.

Die pad hier, wat ’n baie besige aansluiting is, is vir
motoriste na die Paarl en N1 vir ’n geruime tyd gesluit. Verskeie polisie
eenhede is van vroeg af op die toneel.

Volgens ’n polisiewoordvoerder is inwoners ontstoke oor ’n
elektrisiteit-dispuut met die Drakenstein-munisipaliteit.

You need to be Logged In to leave a comment.