Almal word genooi na die jaarvergadering van die Vriende van Wellington-museum.

Die vergadering vind Saterdag 25 Mei om 10:00 by die Wellington-museum plaas.

By hierdie geleentheid sal gaste teruggeneem word na 1942 toe groepe Italiaanse krygsgevangenes in en om Wellington op die plase gewerk het.

Die nuut-gerestoureerde Goodnow Hall Harpsichord word ook onthul.

Kom geniet verversings na afloop van die verrigtinge.

Bespreek jou plek voor of op Vrydag 17 Mei by shandré@wellingtonmuseum.co.za of by 021 873 4710

You need to be Logged In to leave a comment.