‘n Vragmotorbestuurder is vroegoggend dood in dié ongeluk op die N1 naby Klapmuts.



’n Vragmotorbestuurder is vanoggend (12 Februarie) dood nadat hy vermoedelik beheer oor die swaarvoertuig verloor het en teen ’n brug op die N1 naby Klapmuts gebots het.

Volgens Jandré Bakker, woordvoerder van die departement van vervoer en openbare werke het dié ongeluk omstreeks 05:10 in die rigting van Kaapstad gebeur. Die bestuurder was in die kajuit vasgepen en later dood verklaar.

Stellenbosch se munisipale en provinsiale verkeersdienste is tans op die toneel om verkeersvloei te beheer terwyl die toneel opgeruim word. 

Motoriste wat vroegoggend verby die ongelukstoneel gery het, het dit op Paarl Post se Facebookblad as “afgryslik” beskryf en hul medelye met die oorledene se familie uitgespreek.

trok ongeluk

‘n Vragmotorbestuurder is vroegoggend dood in dié ongeluk op die N1 naby Klapmuts.

You need to be Logged In to leave a comment.