’n Groot vragmotor het Dinsdagoggend omgeslaan nadat die bestuurder beheer oor die vragmotor op die R44 tussen Gouda en Voëlvlei-dam verloor het. Volgens die bestuurder was die vragmotor se linker-voorwiel foutief en het afgebreek. Dit het veroorsaak dat die bestuurder beheer oor die vragmotor verloor. Geen beserings is aangemeld nie. Die vragmotor het ’n vrag gruisklippe vervoer. Foto: Samuel Walters
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.