Vragmotor slaan neer bo op bakkie op Franschhoek-pad

Die Franschhoek-pad, oftewel die R301, is steeds gesluit nadat ’n vragmotor Donderdagmiddag (11 Mei) bo op ’n bakkie omgeslaan het.


Die Franschhoek-pad, oftewel die R301, is steeds gesluit nadat ’n vragmotor Donderdagmiddag (11 Mei) bo op ’n bakkie omgeslaan het.

’n Insleepdiens operateur wat op die toneel was het aan Paarl Post gesê dat die ongeluk omstreeks 14:20 gebeur het naby die Bochenmeer-gholflandgoed in die Paarl.

Volgens die betroubare bron is een persoon vasgekeer in die bakkie, maar hulle toestand is tans onbekend.

Die R301 is ook steeds gesluit vir verkeer vanaf Paarl Mall. Paarl Post het navrae gerig aan Paarl-polisie en die Wes-Kaapse mobiliteit departement. Terugvoering sal bygevoeg word sodra dit ontvang word.

• Hierdie is ’n ontwikkelende storie.

You need to be Logged In to leave a comment.