Verlede jaar was daar vele onbeplan­de uitdagings vir organisasies, huishoudings, individue en veral kinders.

Ten spyte van die donker tye wat elkeen beleef het, kon daar wel hoop gevind word deur die ondersteuning wat talle op verskeie maniere aan mekaar verleen het.

Die Voortrekkerbeweging in die Paarl kan van so ’n ervaring getuig en wil graag die gemeenskap aanmoedig om hierdie ondernemings te ondersteun wat saamgestaan het om weer inspirasie en hoop te skep by die gemeenskap se kinders deur ’n groepie Voortrekkers te ondersteun om te kon kamp as ’n span, nadat alle aktiwiteite tot stilstand gekom het. Sonder hul bereidwilligheid om skenkings te maak, sou dit nie moontlik gewees het nie.

Paarl Voortrekkers se Suikerbekkies spreek dus hul opregte dank uit aan: Goede Hoop-vleismark, Paarl Market, Zomerlust Spar. So ook aan die ondernemings in Laaiplek en Velddrif: Die Vishuis, OK foods, Spar, Doepie’s, Weskus Lekka Braai en RVS Boukontrakteurs.

You need to be Logged In to leave a comment.