Om die druk op hom te verlig het Kersvader weer besluit om solank vooraf geskenke uit te deel by die gewilde Desember-volmaanpiekniek by die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) op Saterdag 10 Desember.
Gaste is welkom om hul eie pieknieks en drankies (geen glas) te bring of vooraf ’n piekniekmandjie by die koffiewinkel by 082 216 2510 te bestel. Verversings sal ook by die geleentheid verkoop word. Onthou warm klere en ’n flits. Genoeg en veilige parkering is beskikbaar.
Toegang kos R40 per volwassene, R10 vir SA studente, pensioenarisse en kinders, en gratis vir kinders onder 6 jaar asook jaarpermithouers. Kaartjies is beskikbaar by Computicket of die hek, en besprekings is onnodig. Die hekke open reeds om 17:00. Kinders kan gratis hul gesigte laat verf totdat die kindervermaak om 18:00 afskop wanneer die geliefde kulkunstenaar Glenn McMeeking die jongspan en ouers met sy ongelooflike towerkuns vermaak.
Om 19:00 behoort Kersvader sy opwagting te maak om presente uit te deel
Die volgende volmaanpieknieks in 2023 is op 7 Januarie, 4 Februarie en 4 Maart.
. Vir meer inligting oor konserte en kursusse by die Taalmonument en Taalmuseum, skakel 021 872 3441/863 0543 of besoek www.taalmonument.co.za.

