Die voetoorgang oorkant die Paarl-polisiekantoor is baie vaag, en dit kan moontlik ongelukke veroorsaak.

As ’n oud-Paarliet weet ek dat ek daar moet stop, veral soggens rondom 08:00, wanneer mense die landdroshof besoek en gewoonlik van die parkeerterrein oorkant die polisiekantoor gebruik maak en die pad oorsteek deur die voetoorgang te gebruik.

Smiddae tussen 16:00 en 17:00 wanneer mense ná werk huis toe gaan, is ook ’n tyd wat die sebrastrepe besig is.

Ek het al gesien hoe motoriste – meestal van die Kaap of ander plekke – die voetoorgang seker miskyk omdat die verf redelik vaag is, en ’n voetganger se lewe in gevaar stel.

Die munisipaliteit moet die voetoorgang oorverf voordat ’n ernstige ongeluk plaasvind.


Motorbestuurder,

Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.