Altesaam 59 inwoners van die Chester Williams- informele nedersetting het hul besittings verloor toe ’n brand ’n groot gedeelte van dié gemeenskap in Paarl-Oos in puin gelê het. Gerald Esau, Drakenstein-munisipaliteit se uitvoerende direkteur van gemeenskapsdienste, sê die brand het Dinsdag omstreeks 04:00 uitgebreek en geen beserings is aangemeld nie. Die brandweer het die vuur in bedwang gebring wat tussen 15 en 20 strukture geraak het. Die munisipaliteit het ramphulp aan die gesinne verskaf terwyl die volle omvang van die skade nog vasgestel moet word. Foto: Ernest Kilowan
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.