Viswinkel beroof

‘n Viswinkel in die middedorp is vroegoggend beroof.


‘n Viswinkel in die Paarlse middedorp is vroegoggend beroof.

Vyf gewapende mans het omstreeks 07:00 die viswinkel, Lady Grey Fisheries, in Lady Greystraat binnegegaan en werkers met vuurwapens gedreig.

Die verdagtes het weggekom met R16 000 in kontant, ‘n selfoon en ‘n skootrekenaar. Niemand is tydens die voorval beseer nie.

Enigiemand met inligting word gevra om Paarl-polisie te skakel by 021 807 4000.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.