Dit was ’n heerlike somersdag by De Poort met die maandelikse Visarende-jukskeidag wat Saterdag 22 Oktober aangebied is. Die jukskeibane het behoorlik gedreun van opgewondenheid. Oud en jonk het die dag geniet en heerlik jukskei gespeel. Die penne het geval en die skeie het geklap, en daarmee saam het ’n heerlike gees onder die spelers geheers. Plase in die omgewing wat spanne ingeskryf het, was Tierstel, Hochheim en Libanon. Die klub nooi almal wat in jukskei belangstel en by die maandelikse pretdag wil aansluit, om Roan Van Schalkwyk by 072 531 9188 te kontak.