Die Drakenstein-sakekamer, tesame met Perdeberg Wyne, bied op 9 Augustus ’n Vrouedag-ontbyt aan met Felicity van 7de Laan, of te wel Melanie du Bois.

Alle vroue word vriendelik uitgenooi om Vrouedag saam met hulle te kom geniet waar daar heelwat vermaak, plesierighede asook verrassings sal wees.

Die sangeres Bianca Goosen gaan ook die gehoor met haar sang vermaak en Perdeberg bied ook ’n lekker wynproe aan.

Maatskappye word genooi om tafels te bespreek teen R3 500 per tafel (10 mense) en hulle mag hul bemarkingsmateriaal saambring om op tafels te plaas en baniere voor in die saal te plaas.

Kaartjies is beperk, so bespreek vroegtydig om sodoende nie hierdie baie spesiale geleentheid mis te loop nie.

Besprekings: info@drakensteinsakekamer

You need to be Logged In to leave a comment.