Eens van die land se grootste Afrikaanse sterre, Steve Hofmeyr, vier volgende jaar sy 60ste verjaarsdag op Malmesbury met ’n sterbelaaide konsert.


Steve Hofmeyr se reuse- Ikoon-konsert op Saterdag 29 Maart 2025 bring die room van Suid-Afrika se musikante byeen vir net een onvergeetlike aand om Steve se 60ste lewensjaar te vier met ’n grootskaalse produksie waarin hulle sy groot treffers gaan sing.

Die Ikoon-konsert vind by die groot Môreson-plaas buite Malmesbury plaas.

Daar is plek vir 6 000 konsertgangers.

Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Kurt Darren, Pieter Smith, Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Ricus Nel, Andriëtte Norman, Armand Hofmeyr, Nadine en Bok van Blerk sal deel van die produksie wees.

“ ’n Verskeidenheid kos en drank sal te koop wees en ons gaan lekker feesvier,” sê Jacques du Plessis, die konsert-organiseerder.

. Kaartjieverkope op www.itickets.co.za open om 08:00 op 3 September.

Beperkte kampering is beskikbaar by Môreson teen R200 per persoon per nag met ’n maksimum van vier mense per staanplek van 8 x 8m, met toiletgeriewe beskikbaar. Stuur jou e-pos-navraag na kampering@moresonmalmesbury.co.za vir meer inligting of besprekings vir kampeerplekke.

You need to be Logged In to leave a comment.