Vier verdagtes is verlede Woensdag vasgekeer nadat hulle die vreugdevolle Kersversierings van ’n onderneming in Hoofstraat, Paarl, gesteel het.

“Twee van die verdagtes het die onderneming in die SSK-gebied omstreeks 00:40 genader en by die voorste venster ingebreek om toegang tot die perseel te verkry,” sê kapt. Louise du Plessis van die Paarl-polisie.

Sy sê die ander twee verdagtes was op die uitkyk terwyl die eerste twee die winkel binnegegaan en ’n onbekende hoeveelheid Kersliggies, Kerskouse, balle en ander Kersversierings gesteel het.

“Die alarm is geaktiveer en die inbrekers is met die gesteelde items in hul besit betrap. Hulle het op 4 November in die Paarl-landdroshof verskyn en is tot 10 November op aanklag van inbraak by sakeonderneming in aanhouding gehou.

* Four sneaky suspects were caught red-handed when they were stealing Christmas decorations from a business in Main Road, Paarl last Wednesday. While two of them kept a look-out, the others broke the front window on the premises and helped themselves to numerous festive lights, socks, balls and other decorations. They appeared in court on 4 November and were remanded into custody until 10 November.

You need to be Logged In to leave a comment.