Die Vriende van die Wellington-museum nooi almal na hul jaareindgeselligheid wat by Arauna, op die Slangrivierpad, gehou sal word.
Die geleentheid word Vrydag 22 November van 17:30 af aangebied.
Die koste beloop R70 per persoon en kaartjies moet bespreek word by Shandré of Olivia by 021 873 4710 of per e-pos by welmus@telkomsa.net of shandre@wellingtonmuseum.co.za voor Maandag 18 November.
Eetgerei word voorsien en jy kan jou eie glas en drinkgoed neem.
Besoekers moet ook aandui of hulle vervoer benodig.