Vier polisiebeamptes by Wellington-polisiekantoor het sertifikate gekry en het ’n kontantbedrag van R10 000 ontvang vir uitstekende werk. Dié geldpryse kom direk van die Suid-Afrikaanse nasionale polisiekommissaris. Dié vier lede het op 8 Mei verlede jaar na die moordtoneel gegaan waar die 84-jarige Yaseen Nichols in sy huis in Wellington gevind is. Die beskuldigde tweeling, Edwin en Edwill Williams, is kort ná die voorval in hegtenis geneem. Die tweeling het albei lewenslange tronkstraf vir moord en 15 jaar vir roof ontvang. Bo is (van links) Wellington se stasiebevelvoerder, lt.kol. Johan Barkhuizen, lt.kol. Boetie Rossouw, konst. Terrance Williams (wenner), konst. Bianca Joseph (wenner), Wynland-polisiegroep-bevelvoerder brig. Neville Malila, sers. Funeka Tsulo (wenner), sers. Cornelius van Rooyen (wenner), lt.kol. Klaas Cloete en Stuart Entwistle, die eienaar van Val du Charron, waar die oorhandiging gehou is.Foto: Johané Scott