VIA soek Afr vloggers

Vandeesweek loods VIA (DStv-kanaal 147) Wat maak jy? (WMJ). Dié videoprojek het ’n dubbeldoel: VIA soek vars Afrikaanse video-sterre en bied tegelykertyd vir Afrikaanse vloggers ’n bemarkingsplatform. VIA het die hulp van bykans 20 Afrikaanse aanlyn-


Vandeesweek loods VIA (DStv-kanaal 147) Wat maak jy? (WMJ). Dié videoprojek het ’n dubbeldoel: VIA soek vars Afrikaanse video-sterre en bied tegelykertyd vir Afrikaanse vloggers ’n bemarkingsplatform. VIA het die hulp van bykans 20 Afrikaanse aanlyn-videomakers, vloggers en ander sosiale-media-persoonlikhede ingeroep.

Dié span het elkeen vir VIA vyf eksklusiewe video’s gemaak wat op die TV-kanaal asook Facebook en YouTube sal verskyn oor die volgende drie maande. Dié groep gaan as inspirasie dien vir voornemende videomakers en ook as VIA-ambassadeurs optree vir die tydperk.

Met Wat maak jy? (WMJ) nooi VIA die hele Suid-Afrika uit om hul unieke talente, perspektiewe, oomblikke en stokperdjies te deel. Oud, jonk en almal tussenin, kan hul video’s stuur. Die VIA-span se gunstelingvideo kan elke week R5 000 tot en met die einde van Oktober wen. Om in te skryf, hoef jy net ’n kort video in Afrikaans te maak, dit op YouTube, Facebook of Instagram te laai met die hutsmerke #VIATV en #VIAWMJ. Stuur dan ook ’n skakel van die video na info@viatv.co.za.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.