VGK Immanuel in Charleston Hill hou volgende naweek basaar.

Op Vrydag 28 Oktober om 18:00 vind die kroning van Mej. Immanuel in die kerksaal plaas. Almal is welkom. Toegang kos R30.

Die basaar vind Saterdag 29 Oktober om 09:00 op die kerkterrein plaas. By die verskeie stalletjies sal onder meer vars groente en vrugte, heerlike koeke, poeding en lekkernye te koop wees.

Ook te koop is worsrolletjies, hamburgers en braai-etes.

Vir die kleinspan sal daar ’n springkasteel en ’n waterglybaan wees. Toegang is gratis.

You need to be Logged In to leave a comment.