Klere, skoene en sagte speelgoed vir Weskus-Williston Vespa-toer gevra.Foto:


’n Groep Vespa-avonturiers, wat as Vespamera bekend staan, het onlangs op hul Vespa-ysterperde van Strandfontein af al met die Weskus langs na Williston vertrek – alles in die naam van liefdadigheid.

Langs die pad sal hulle goedere insamel vir behoeftigese in Williston.

Hulle kom die naweek in die Paarl aan by die Strooidak/Willistonfees, ook om skenkings in te samel.

Die groep fokus op projekte en uitreike met ’n sosiale impak. Vespamera benodig klere, skoene en sagte speelgoed om aan behoeftiges uit te deel. Veral die volgende word benodig:. Enige soort en grootte bruikbare skoon en opgevoude klere vir klein en groot;. Enige soort bruikbare skoene, veral 3-6 vir vroue en 6-8 vir mans (toerygskoene);. Enige skoon, sagte en heel speelgoed om aan behoeftige kinders uit te deel.

Alle gebruikte en skoon skenkings is welkom, maar asseblief nie stukkende goed nie.

Skenkings word Vrydag 28 Oktober van 09:00 tot Saterdag 29 Oktober om 12:00 by die Vespamera-wa by die Strooidak/Willistonfees ontvang.

Besoek www.facebook.com/vespamera/ of Johan by 083 714 9893 of jovespamera@gmail.com

You need to be Logged In to leave a comment.