’n Voertuig, wat vermoedelik gesteel is en in die kloof langs die R45, oftewel die Franschhoekpas, gestort is, is vanmiddag (14 Junie) omstreeks 16:00 deur reddingswerkers opgespoor nadat ’n oproep oor ’n moontlike ongeluk ontvang is.
Volgens Kurt Maske, ‘n ER24-paramedikus wat deel van die reddingspan was is die wrak glo naby aan Jan Joubert’s Gat gevind.
Volgens Maske is die HEMS-nooddienste ontbied, waarna hul paramedici na die wrak afgehys is.
Maske het bevestig dat die wrak dié van ‘n blou Ford is, maar het geen ander inligting rondom die tipe model nie.

“Ná ‘n deeglike soektog is die voertuig leeg aangetref, sonder enige teken van die bestuurder of ander insittendes, en geen aanduiding dat enige van die insittendes uit die motor geslinger is nie.”
Alle spanne het toe van die toneel onttrek.
Kommentaar van die Franschhoek-polisie sal bygevoeg word sodra dit ontvang is.
You must be logged in to post a comment.