‘n Vermeende kabeldief het laat Woensdagmiddag aan ernstige wonde gesterf na ‘n poging om kragkabels op Franschhoek te steel.
Volgens ‘n privaat nooddienste-werker, Kurt Maske, het die voorval om 15:20 op die hoek van Daniel Hugo en Cabrierestraat plaasgevind.
“Een verdagte was ernstig beseer in ‘n poging om kabels te steel. Hy het aanvanklike ernsitge beserings opgedoen, maar het later gesterf.” Hy sê Pepler Security, die polisie en munisipale nooddienste het op die toneel reageer.
“Die voorval het tot ‘n kragonderbreking van ‘n paar uur gelei wat die een blok huise geaffekteer het. Die kragtoevoer is dieselfde middag herstel.”
Volgens Maske word geen ander verdagtes op die stadium by die voorval betrek nie.
- A suspect died after sustaining serious wounds due to electrocution while trying to steal electric cables on the corner of Daniel Hugo and Cabriere Streets in Franschhoek on Wednesday afternoon





