Die Groot Drakenstein-polisie het op 21 Oktober ’n 42-jarige man met dwelms en gesteelde goedere in sy besit vasgetrek. Die inhegtenisneming volg nadat die beamptes lasbriewe in Kylemore beteken het. Sers. Charlene Pietersen sê die verdagte het 40 sakkies tik gehad. Die man het Maandag in die Stellenbosch-landdroshof verskyn en is op waarskuwing vrygelaat. Die dwelms is vir toetse by die polisie se laboratorium gestuur. Voor van links is sers. Charlene Pietersen, sers. Tesswill Jeftas, AO Colin Adams en Gretlene Pieterse (Stellenbosch-wetstoepassing). Agter met die klapmusse is twee private veiligheidswagte (wie se name nie genoem kan word nie), sers. Karin Dauth en Rodney van Staden (Stellenbosch-wetstoepassing).