Die wêreldberoemde rock-groep, Foreigner, tree op by Grand West.Foto:


8 Oktober

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument hou sy eerste volmaan­piek­niek van die seisoen hierdie Saterdag (17:00 en 22:00). ’n Gratis begeleide toer vind plaas om 18:30. Gaste is welkom om hul eie eet-en drinkgoed (geen glas) te bring of vooraf ’n piekniekmandjie by die ATM Koffiehuis by 082 216 2510 te bestel – die koffiewinkel sal ook verversings verkoop. Onthou warm klere en ’n flits. Toegang kos R40 per volwassene, R10 vir Suid-Afrikaanse studente, pensioentrekkers en kinders, en is gratis vir kinders onder ses jaar en jaarpermithouers. Kaartjies is beskikbaar by Computicket of die hek.

9 October

Wind down the weekend at Nederburg’s Sunday Stoep Sessions at the wine farm’s The Manor eatery. Music performances start at 15:00 (until 18:00) each Sunday in summer, but you can join earlier for the traditional Sunday lunch at R295 per head. The line-up of artists for October includes: Juan Casey (9 October), Chris Rain (16 October), Lukin Joshua (23 October) and Werner Bekker (30 October). There is outdoor activities for the kids. Entrance is free, but booking is essential. Contact The Manor on 021 877 5155.

11 Oktober

Een van die wêreld se beroemdste rock-bands, Foreigner, tree op by Grand West en dit beloof om ’n uitmuntende vertoning te wees. Met 10 multi-platinum albums en 16 Top 30 liedjies op hul kerfstok, tree Foreigner steeds op voor uitverkoopte konserte. Die groep se album verkope oorskry nou 80 miljoen. Hul top-liedjies sluit in: Juke Box Hero”, “Cold As Ice”, “Hot Blooded”, “Waiting For A Girl Like You”, “Feels Like The First Time”, “Urgent”, “Head Games”, “Say You Will”, “Dirty White Boy”, “Long, Long Way From Home” en die wêreldwye treffer “I Want To Know What Love Is”. Kaartjies kos R575 en is beskikbaar by Ticketmaster.

19 Oktober

Die gewilde en vermaaklike fopdosser Miss Vlakplaas Sonja Koekemoer, die Boeremeisie, sal in Oktober te sien wees by die Crown Bar in die Paarl. Hierdie vertoning, ’n eerste vir die Crown Bar, is op ’n Woensdag (19 Oktober) om 19:30 vir 20:00. Kaartjies kos R150 en sluit ’n glas wyn asook ’n bord peuselhappies in. Dit gaan ’n vertoning uit die boonste rakke wees. Kom geniet dus die aand by Crown Bar. ’n Beperkte aantal sitplekke is beskikbaar. Bespreek by 084 706 2023.

28-30 October

To celbrfate Garden Day, Franschhoek is trowing open some of it’ most beautiful private gardens for public viewing during the Franschhoek Open Gardens festival.

They offer gardens that range from small village gardens to beautiful large farm gardens and each year they try to bring you new and exciting gardens.

All gardens can be viewed from 10:00 until 17:00 on each of these days and tickets are R200 per person and will be on sale at the Dutch Reformed church hall in Main Street, Franschhoek and on Webtickets.

All proceeds will go to Fleur de Lis (Home for the Aged) and to buy medical equipment for the local Emergency Response services. For more: glyndajacobs@gmail.com or patjacobs01@gmail.com.

29 Oktober

Simonsvlei nooi jou om saam met Steve Hofmyer, Jan Blohm, Lianie May, German Oompah Band en Ryno Velvet te kuier. Kaartjies is te koop by die proelokaal of via Quicket.

Simondium se Familiekerk hou Saterdag 29 Oktober die Simondium-musiekfees by die Martinique-landgoed. Vermaak sluit in: Welsch Mini Circus, Liana Marx Vocal Studio singers, Nadia Louw, Burger le Roux, APPEL en Dans tot laat met Desmond Wells. Wyn- en kosstalletjies en ’n verskeidenheid kunsvlytstalletjies sal beskikbaar wees. Die hekke open om 12:00 en die program begin om 13:00.

You need to be Logged In to leave a comment.