Op 18 November om 20:00 is die skreeusnaakse Soli Philander op die planke by die Bôrdienghuis-teater in Wellington.
Soli sal sorg vir groot vermaak. Kaartjies is R120 per persoon.
Op 24 November om 20:00 is die fliek Me before you, tydens die teater se fliekaand onder die sterre te sien. Die jong Louisa “Lou” Clark (Emilia Clarke) beweeg van die een werk na die ander om haar familie te kan onderhou. Haar positiewe houding word getoets wanneer sy die versorger word van Will Traynor (Sam Claflin), ’n skatryk sakeman wat ná ’n ongeluk verlam is. Toegang is gratis. Besprekings is noodsaaklik.