Ter IllustrasieFoto: Pexels


’n Jongman in sy vroeë twintigs is 20 jaar direkte tronkstraf opgelê vir die verkragting en seksuele aanranding van sy negejarige niggie.

Die man is op 1 Julie 2020 in hegtenis geneem nadat dit aan die lig gekom het dat hy die meisietjie op drie onderskeie geleenthede verkrag het. Die man het ten tyde van die voorvalle by die slagoffer en haar gesin in Noorder-Paarl gewoon.

Die ondersoek is deur speursersant Elmarco Martiens van die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (GKS) in die Paarl gedoen.

Die slagoffer het ’n mediese ondersoek ondergaan, wat die voorvalle bevestig het. Die verdagte se aansoek om borgtog ná sy inhegtenisneming is destyds van die hand gewys.

“Die ondersoekbeampte, speursersant Elmarco Martiens, het die beskuldigde in die verloop van die ondersoek na die Valkenberg-hospitaal geneem, waar ’n geestes-assessering gedoen is. Die beskuldigde is geskik bevind om tereg te staan. Die ondersoekbeampte en die aanklaer, mej. J. Hefely, het hul professionaliteit in die loop van die strafsaak getoon en ’n suksesvolle prima facie-saak teen die beskuldigde saamgestel, wat daartoe gelei het dat die man skuld bekend het,” sê kol. Sedrick Beziek, bevelvoerder by die Paarl-GKS-tak.

Die man het skuld beken nog voordat die verhoor begin het. Sy naam is in die register vir seksuele oortreders aangeteken en hy is ook onbevoegd verklaar om ’n vuurwapen te besit.

Beziek het Martiens vir sy goeie en deeglike ondersoek geprys.. A young man in his early twenties was sentenced to 20 years in prison for the rape and sexual assault of his nine-year-old niece.

You need to be Logged In to leave a comment.