Die Hoër Meisieskool Paarl (HMS) bied die Sportsmans Warehouse GHS-netbaltoernooi die naweek van 17 tot 21 Maart aan.

Met spanne wat van oor die land heen hierheen reis, word ’n groot toename in verkeer verwag.

Die skool het dus die volgende maatreëls ingestel en ouers en toeskouers word versoek om by hierdie verkeersreëlings te hou:

Om ’n moontlike opeenhoping van verkeer in Hoogstraat te voorkom, is met die verkeersafdeling ooreengekom dat gereguleerde eenrigtingverkeer in Hoogstraat en Zeederberg ingestel sal word.

Die Drakenstein-verkeersafdeling sal die skool met die bystand van die CSG-veiligheidsmaatskappy hiermee behulpsaam wees.

Die verkeer sal dus deur die loop van die toernooi gereguleer word.

Die verkeersroete in die omgewing van die Hoër Meisieskool Paarl sal as volg wees:

. Draai van Hoofstraat in na Zionstraat. (Bossa Nova is aan jou regterkant.)


.
Draai links in na Klein Bos-en-Dal-straat.

. Draai links in na Hoogstraat (die skool is aan jou regterkant.)

. Volg die pad.


.
Voertuie kan aan die regterkant van Hoogstraat parkeer.

. Voertuie kan nie aan die linkerkant van Hoogstraat voor permanente inwoners se huise parkeer nie.

. By die T-aansluiting, draai links in na Zeederbergstraat in die rigting van Hoofstraat.

. Geen parkering is beskikbaar in HMS se parkeerterrein nie.


.
Gebruik gerus die parkering by Bossa Nova en/of die Strooidakkerk.

Veiligheidsbeamptes sal aan die onderkant van Zeederberg- en Theronstraat en aan albei kante van Hoogstraat aan diens wees.

Slegs inwoners van L’Ideal, personeellede, amptenare en eregaste mag na die GHS-parkeerterrein regs draai in Zeederbergstraat.

Puntdiensbeamptes, verkeersbeamptes asook veiligheidspersoneel sal teenwoordig wees om die verkeer so glad as moontlik te laat vloei en te beheer.

Die verkeersafdeling het ook aangedui dat hy ’n geen-toleransie-beleid sal uitvoer.

Parkering sal beskikbaar wees vir motors en busse in die parkeerterrein van die Strooidakkerk in Hoofstraat.

Parkering sal ook vir skole se minibusse in die skool se parkeerterrein by die Zeederberghek, maar slegs van 15:00 af, beskikbaar wees.

Geen parkering sal vir ouers by die skool beskikbaar wees nie.

Ouers en lede van die publiek kan die volgende plekke vir parkering gebruik:


.
Parkeerterrein agter La Romantica (Bossa Nova);


.
Parkeerterrein van die Strooidakkerk; of


.
Parkering by die Zeederbergplein.

You need to be Logged In to leave a comment.