Een heerlikheid van die skoolvakansies is dat die verkeer in die Paarl ’n bietjie stiller raak.
Maar ek sidder terselfdertyd om te dink hoe gaan ons paaie oor twee weke weer lyk wanneer als na “normaal” toe teruggekeer het.
Ons paaie is gewis nie gebou vir die toenemende “semigrasie” na die Paarl nie, en dit raak daadwerklik ’n probleem.
So ook die feit dat verkeersbeamptes net as verbloemde verkeersligte gebruik word en nie die doel dien om reg en orde op ons baaie te handhaaf nie.
Die waansinnige optredes van taxi’s wat die paaie as hul eie geëien het, is ook nog ’n voorbeeld hiervan.
Kan die dorpsbestuur asseblief in hierdie opsig meer verantwoordelik optree en na hierdie geweldige verkeersprobleem omsien?