Die Paarl brei al meer uit, maar die dorp se strate kan eenvoudig net nie meer die druk hanteer nie.
Nie net is dit ’n nagmerrie vir pendelaars nie, maar die historiese geboue in Paarl se pragtige geskiedkundige hoofstraat gaan sekerlik ook hieronder begin ly.
Behalwe al die duisende gewone motors wat daagliks hier van noord na suid ry, gebruik swaar vragmotors die pad en ignoreer die Boulevard asook Jan van Riebeeckrylaan, die pad wat vragmotors eerder moet gebruik.
Die munisipaliteit het seker geen daadwerklike planne om ons verkeer beter te reguleer en dies meer nie. Hulle wag maar seker vir die dorp om ook tot niet te gaan.

