My pleidooi gaan uit vir kelners, wat dikwels baie hard moet werk en vir ’n paar sent lang ure op hul voete deurbring.
Ek het in ’n huis grootgeword waar dit belangrik is om kelners goed te tip omdat hulle ’n minimumloon ontvang, of selfs soms minder.
Moenie die kelner skel wanneer jou steak te gaar of te rou is nie, of wanneer die roomys gesmelt het nie.
Wanneer dit tyd is om die kelner te vergoed, is dit ook belangrik om ’n goeie kelner met meer as die nodige 10% te vergoed, omdat dit die kelner sal aanmoedig om weer sulke goeie gehalte diens te lewer.
Dit is belangrik om jou medemens op te bou en nie af te breek nie.