Die jaarlikse talentkompetisie Global Spotlight Talent Search is weer op soek na verborge talente in die Drakenstein-vallei.

Die doel van dié talent-kompetisie, wat nou in sy 12de jaar is, is om opkomende musikante blootstelling in die plaaslike vermaaklikheidsbedryf te gee.

Die kompetisie bied ook huldeblyke aan kunstenaars en individue vir uitstaande werk in hul gemeenskappe.

Inskrywings word van 1 tot 30 Junie deur middel van ’n minuut lange opname van sangers ingewag.

Die kompetisie is oop vir solosangers, duette of groepe vanaf 15 jaar en ouer.

Die algehele wenner wen ’n geldprys van R10 000, en die topdrie- en toptien-finaliste sal koopbewyse en meer tot die gesamentlike waarde van R20 000 ontvang.

Buiten die pryse sal die wenners ook die geleentheid kry om in vertonings op te tree. Wenners sal ook in mentorskap-programme saam met professionele musikante in die musiekbedryf werk.

. Kontak Sydwell Beziek by 071 404 5169 of Sam Bolton by 072 253 1091 vir meer inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.