’n Goed bygewoonde Drakenstein Sakekamervergadering is Vrydag (24 Mei) by die Laborie-wynlandgoed gehou. Dié sakekoffie-geleentheid is aangebied deur Compass Visual Security en C4 Fire and Security, wat ’n praatjie gelewer het oor veiligheidsoplossings vir ondernemings en die opsporing en voorkoming van brande. Een van die sprekers was Tamara Rose van Ruby Rose Feminine Hygiene SA om bewustheid te skep oor nasionale menstruasiedag, wat vandeesweek gevier is. Van die sprekers en gaste wat die sakekoffie-geleentheid bygewoon het, is voor van links: Carlo de Bruyn, Chantelle de Bruyn (albei van C4 Fire and Security), Francis Nieuwoudt (Drakenstein-sakekamer), Tamara Rose (Ruby Rose Feminine Hygiene SA), Ilde Meyer (Drakenstein-sakekamer), Garine de Wet (Certified Bang), Maritza Butterworth (Compass Security) en Gretchen Marais (Finex SA). Agter is JC van der Lingen, Sarel Rossouw (albei van Val de Vie), Jason Whitson en Danie Butterworth (albei van Compass Security).Foto: