Baie geluk aan prof. Ampie Coetzee, stigterslid van die Breytenbach-sentrum en huidige eretrusteelid van die sentrum, wat sy 80ste verjaardag gister (Woensdag 26 Junie) gevier het. Ampie, wat getroud is met Anne-Ghrett Erasmus, kurator van die Breytenbach-galery, is ’n letterkundige en was voor sy aftrede professor in Afrikaans-Nederlands aan die universiteite van die Witwatersrand en die Wes-Kaap. Op die foto is hy in Maart vanjaar in die Breytenbach-sentrum saam met Breyten Breytenbach, wat op 16 September sý 80ste verjaardag vier, afgeneem. Foto:
Veels geluk, liewe maatjies!
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.