Vee eers jou voor eie deur, Burgemeester

Met die optog vandeesweek deur die burgemeester en kie. teen die voorgestelde verhoging van die 2025-Eskom-tarief is dit nogal ironies dat dieselfde DA beheerde munisipaliteit nie ook so ’n “optog” wil hou oor die hoë tariewe wat ons as belastingbeta


Met die optog vandeesweek deur die burgemeester en kie. teen die voorgestelde verhoging van die 2025-Eskom-tarief is dit nogal ironies dat dieselfde DA beheerde munisipaliteit nie ook so ’n “optog” wil hou oor die hoë tariewe wat ons as belastingbetalers elke jaar moet betaal nie.

Om te begin – die maandelikse kragheffingsfooi draai nou al oor die R700 ’n maand vir ’n 60 ampère-uur-verbruiker – dít nog voordat ’n enkele eenheid krag gekoop of verbruik is. Dit is as ’n toetslopie bedoel, maar toe raak dit ’n permanente instelling. Melk die belastingbetaler, want dit is die beste manier om ’n goeie inkomste te kry.

Hemelhoë munisipale rekenings wurg die belastingbetalers. Boonop maak belastingbetalers slegs 39% uit van die hele Drakenstein wat die geldlaai moet voed, tog word geen optogte vir hulle gehou nie.

Dit blyk dat die munisipaliteit als in sy vermoë doen om elke moontlike sent uit die verbruiker te wurg, soos nou ook met fooie wat hulle vra vir die goedkeuring van sonkraginstallasies. Wat is volgende – ’n belasting vir die suurstof wat ons inasem?

Voordat munisipale amptenare betoog, moet hulle voor hul eie deur vee en mooi na die stand van hul verbruikers kyk voordat hulle ook buitengewone hoë belastings en kostes implementeer.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.