Vat nou ‘terroriste’ by verkeersligte vas

Na aanleiding van die brief van Desiree Afrika van Wellington (Paarl Post, 5 Desember), wil ek ook net die volgende kommentaar lewer.


Na aanleiding van die brief van Desiree Afrika van Wellington (Paarl Post, 5 Desember), wil ek ook net die volgende kommentaar lewer.

Die situasie op die genoemde roete – veral by die verkeersligte tussen Newton en die Paarl-verkeersafdeling – het lewensgevaarlik geword. ’n Hele paar voorvalle is nou al genoem, asook in hierdie koerant, waar padgebruikers geteister is deur lafhartige booswigte wanneer voertuie by verkeersligte moes stop.

Skelms ruk veral aan voertuie se deure. Dit is gewoonlik vroulike bestuurders wat geteiken word.

Die oomblik wanneer hulle aan die voertuie se deure ruk, kan dit net wees om jou aan te val, te beroof of te kaap.

Wat regtig onverstaanbaar is, is dat dit lyk asof dit “normaal” is dat die booswigte ons padgebruikers terroriseer en veroorsaak dat hulle ander roetes tussen Paarl en Wellington gebruik.

Dit lyk ook asof die polisie en munisipale wetstoepassers nie weet hoe om die situasie te hanteer nie, of net nie belangstel nie. Hulle is nêrens op hierdie roete te sien nie.

Baie van ons padgebruikers weier egter om die prooi van hierdie booswigte te wees en sal alles in hul vermoë doen om hulself en hul passasiers te beskerm.

Dit kan nie toegelaat word dat ons padgebruikers die prooi word van hierdie lafaards nie. Gaan die probleem eers aandag kry wanneer van die aanvallers doodgery, doodgeslaan of doodgeskiet word?

Ek is seker niemand wil tot hierdie uiterstes gaan nie.

Ons wil almal graag die roete gebruik – sonder vrees.


Shane Korabie,

WEllington

You need to be Logged In to leave a comment.