Vyftig jaar gelede het Edith Hofmeyr (regs voor) die Hugenote Hoërskool se eerste Lentetee in Wellington aangebied. Sy was vanjaar weer op haar pos om die mooi oggend te geniet en na die gasspreker, Riëtte Rust, te luister. Saam met haar onder die eregaste was (voor links) oud-kollega Annatjie van Wyk en (middel agter) Emsie du Toit (wat self jare lank die oggend as ’n voormalige Hugenote-onderwyser help reël het). By hulle is (agter) Hestie van Wyk (Annatjie se dogter), en Adrienne Liebenberg (Edith se dogter). Annalize Swart en Lorraine Kuun, albei onderwysers by die skool, het vanjaar se geleentheid gereël. Foto: Andy Myburgh


Van toeka tot nou – Lentetee kom al 50 jaar aan

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article