Klipharde skolerugby gaan hierdie naweek weer in die Paarl opgedis word wanneer die Hoër Jongenskool Paarl hul Eikestadse eweknieë, Paul Roos Gimnasium, op Buco-Brugstraat in die Paarl pak. In die laaste tien wedstryde tussen dié twee spanne het Boishaai agt gewen en PRG kon net twee keer die mas opkom. En uit geskiedkundige lesse geleer, is daar altyd ’n paar spelers in hierdie wedstryd wat later die Springboktrui oor die kop trek. Juis hier op kamera vasgevang, is die twee spanne in 2016 teen mekaar toe Boishaai op Markotter teen Paul Roos gespeel het. Op die foto is Ben-Jason Dixon (slot