Van Koekiedoortjies tot Klopse by fees

Die jaarlikse Stasiefees in Wellington vind vanjaar Saterdag 5 Mei by Kleinevalleij plaas.


Die jaarlikse Stasiefees in Wellington vind vanjaar Saterdag 5 Mei by Kleinevalleij plaas.

Die verrigtinge begin 09:00 en duur tot 19:00. Besoekers kan uitsien na optredes deur Refentse, Wynand en Cheree en Jaco Losgelaat.

Ook op die program is die Klopse, rieldansers, Tjiff en Tjaff, Kardoeskoning en Koekiedoortjies.

Daar sal ook 80 uitstallers wees en feesgangers kan uitsien na verskillende stalletjies met heerlike kos en ’n verskeidenheid van produkte.

Drank sal by die kroeg te koop wees en niemand mag hul eie drank inbring nie.

Daar sal gratis Wi-Fi wees en die ATKV-kuikens sal ook by die fees wees. Besoekers wat ’n foto saam met die Kuikens neem, het ’n kans om groot pryse te wen.

Bring jou kampstoel of piekniek­kombers en kom kuier saam by die Stasiefees.

Kaartjies teen R50 vir volwassenes en gratis vir kinders onder 6 jaar oud is by die hek beskikbaar.

Vir besoekers van buite Drakenstein sal daar ’n busrit teen R140 (sluit toegang tot die fees in) per persoon wees tot by Kleinevalleij. Die bus vertrek 08:00 van Goodwood en Parow en 08:30 van Brackenfell en Kraaifontein. Die bus sal 18:00 van Wellington vertrek.

Bespreek by Desiree by 082 970 3215 of wdesiree175@gmail.com.

* Drie gelukkige lesers kan elk ’n dubbelkaartjie wen deur die volgende vraag reg te beantwoord: Waar word die Stasiefees vanjaar gehou? SMS jou antwoord en jou naam na 37405 voor Maandag 12:00.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.